Thursday, April 7

Afrikaans


Voor my staan die predekant. Lanks my- my ma. Agter my- my beste vriendin. Almal huil, maar ek het nie n traan in my oe nie. Hierdie maak nie naby aan sin nie. Ek moet nie hier wees nie. Hierdie is nie my plek nie. Ek staar na die doodskis. Ek draai na my ma. Haar hande is oor haar gesig en ek kan nie my gewoontlike, pragtige ma se gesig sien nie, maar die trane loop onder deur haar hande by haar ken af. Die traan van op die grond. Ek staar af na waar die traan geval het. Dan kyk ek weer op na my kis. Is dit nie n droom wat almal wil he nie? Wil jy nooit voor lanks die predekant kan staan en kyk wie almal by jou begrafnis sal opdaag nie? Ek het al baie kere in my lewe hieraan gedink en hoe cool dit sal wees om my ma te sien huil, my beste vriendin te sien suif, daardie ou wat ek nog altyd van gehou het sien sy trane probeer wegsteek.
Maar nou wil ek net my arms om my ma gooi en vir haar se ek’s life vir haar. Vir haar se ek is so jammer dat ek so opgemors het.
Die predekant sluit af met n kort gebed en dan stap Kara op die verhoog op, Vee vinnig oor haar oe, maar haar keel skoon en se n gedig op. Dit is asof die wereld stil staan. Ek het nie geweet my vriendin kan so skryf nie- ek het nie geweet sy kon so praat nie. Sy lees die gedig met soveel gevoel en dit is asof sy niemand raaksien nie, net vir my. Maar dit kan mos nie wees nie. Hierdie is my begrafnis. Ek is die een wat dood is. Ek is nie regtig hier nie.

No comments:

Post a Comment